WAT ONS BIED

 

Impak is die beste waarde-vir -geld  fondasieprogram tans beskikbaar in
Suid-Afrika. Anders as die meeste brugjaar programme word meer gefokus op “harder’

en ‘n groter verskeidenheid tegniese en SAQA / SETA geakkrediteerde

vaardighede waarmee dadelik ‘n inkomste verdien kan word. Dit beloop tans agt geakkrediteerde kwalifikasies, by verre meer as enige vergelykbare program, asook ‘n groot verskeidenheid relevante Inhuis Programme. Tydsgebruik is ook baie intensief (8 ure per dag) om die meeste vaardighede vas te lê in so ‘n kort tyd moontlik en werklik die beste opbrengs op belegging vir ouers te verseker.

Die program is spesifiek saamgestel met die oog op die tyd waarin ons leef om ‘n

vaste hoop, doelgerigtheid en waagmoed in jongmense te vestig om met vertroue die toekoms in Suid-Afrika  aan te durf.

Dit word aangebied by Thabela Mountain Retreat tussen Potchefstroom en Parys

in die UNESCO gelyste Vredefort Koepel Meteoriet Impak gebied. Die groot

biodiversiteit in plant en dierelewe, asook die natuurskoon van die unieke berge,

en rivier, sorg vir ‘n ideale leergunstige  omgewing van kennisoordrag en selfontwikkeling.

Impak Kontrak

Kontak ons nou